ATKV-Eiland Spa

wie is
Eiland Spa?

Ontspan en geniet ware gasvryheid by ons toevlugsoord in Limpopo

Op die suidelike oewer van die Letabarivier slegs 68 km oos van Tzaneen in die Limpopoprovinsie, lê ATKV-Eiland Spa in die hartjie van die Hans Merensky-natuurreservaat.

Eiland Spa spog heeljaar met warm, sonnige weer en saam met die uiteenlopende natuurskoon is hierdie oord een van die gewildstes in Suid-Afrika. Met ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en -aktiwiteite, restaurant, asook ’n helende hidrospa is ATKV-Eiland Spa net die plek vir die hele gesin om te kom ontspan.

Die rustige kalmte en vreedsame stilte van die omgewing skep die ideale atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en spanbou.

Aktiwiteite by die oord

Hidrospa, sauna, stoombad, warmwatermineraalbad

Kouewaterswembad en plaspoel

Waterwurm

Gimnasium

Minigholf

Stap- en fietsryroetes

Voëlverkenning

Visvang

Perderitte

Tennis, rolbal en vlugbal

Potspel

Foosball

Springmatte

Groot skaakbord

Braai-area

Tafeltennis

Fasiliteite by die oord

WiFi

Koswerf-restaurant

Koswerf-wegneemetes

Winkel en drankwinkel

Bosveld Arboretum

Wassery

OTM

Akkommodasie

ATKV-Eiland Spa maak voorsiening vir almal se akkommodasiesmaak, alles teen ’n klassieke Bosveldagtergrond. Alle eenhede is selfsorg.

Alhoewel linne en handdoeke elke vierde dag omgeruil word, word die eenhede nie gediens nie. Elke eenheid is gemeubileer, volledig toegerus met lugverkoeling, ‘n braai-area en DStv.

Rondawel Akkommodasie

Driestergegradeerde, eenhede met lugverkoeling wat 2 tot 6 mense kan huisves

2-bedrondawel (luuks)

2-4 bedrondawel (luuks)

4 bedrondawel (luuks)

4-6 bedrondawel (luuks)

Rolstoeleenheid

Woonwa- en kampterrein

Die woonwa- en kampeerterrein se staanplekke is toegerus met kragpunte en gerieflike ablusieblokke.

Jeugtuiste

Die jeugtuiste kan 88 persone huisves en is uiters geskik vir enige skool- of kerkgroep. Die tuiste bestaan uit twee vleuels met badkamers en kamers vir onderwysers of toesighouers.

Daar is verder ‘n goed toegeruste kombuis en ’n eet- of vergaderarea met ’n braaiplek en opwasgeriewe aan die buitekant. Al die fasiliteite van die oord is tot die beskikking van die inwoners van die jeugtuiste.

Dagbesoekers

Hoewel ATKV-lede voorkeurbespreking by die oorde geniet, volg die ATKV lank reeds die beleid dat die oorde oop is vir Jan Alleman wat huisvesting betref terwyl net ATKV-lede die oorde as dagbesoekers kan besoek. Met die koms van die nuwe bedeling het die ATKV, op grond van besluite van verskeie kongresse, homself onomwonde geskaar by dié nuwe bedeling.

Vakansiehou is een van die aktiwiteite wat ten nouste verband hou met die ontspanningskomponent van kultuur. Juis daarom is dit die ATKV se oogmerk om die vakansie-ervaring van die Afrikaanse kultuurgemeenskap aangenaam te maak. Die vakansiepatroon is gerig op die gesin en fokus op aspekte soos gesinsvermaak, veiligheid, ‘n rustige vakansieomgewing en vakansiegangers wat mekaar se behoeftes respekteer en aanvul. Om hierdie aangename vakansie-ervaring te verseker, is daar sekere reëls by die oorde wat insluit:

  • ‘n Beperkte aantal dagbesoekers.
  • Geen drank by die swembaddens.
  • ‘n Beleid van geen dronkenskap.
  • Erkenning van die menswaardigheid van elkeen wat die oord as betalende gas besoek. 
  • Geen busse met besoekers wat nie vooraf reëlings tref nie.

Hierdie beleid word toegepas om ‘n atmosfeer te skep waarbinne besoekers heerlik kan ontspan. Daarby word aan elke besoeker die geleentheid gebied om die omgewing en die vermaak wat verskaf word, te kan ervaar. Daarom word ‘n persoon of persone wat die reëls oortree een of twee keer gewaarsku, waarna drasties opgetree word

6036total visits,1visits today

× How can I help you?
WhatsApp chat Gesels Met Ons Op WhatsApp

Die Kamp-Mal-App Werk Op Jou Foon En Rekenaar

Die Kamp-Mal-App bied ons lede ongelooflike baie inligting, en is dit so uiteengesit dat inligting maklik verkrygbaar is. Maak gebruik van enige van ons 3 soek opsies om meer inligting te kry.

  1.  Die index knoppie wat jy na al ons hoof kategorie neem.
  2. Die vergroot glas waar jy direk in subkategorie kan begin soek.
  3. Die "Map Pin" waar jy in subkategorie op google maps kan kyk wat is om jou.

App Admin Paneel

Indien jy 'n geregistreerde besigheid is op die Kam-Mal-App, kan jy hier ingaan na jou admin paneel, van waar jy direkte boodskappe kan stuur aan al jou "Like" kliënte en meer. 


Omvattende versekering vir woonwa, 4x4 sleepwa, motorwa en dies meer.

Territoriale limiete:

Botswana, Lesotho, Mozambique, Namibia, RSA, Swaziland en Zimbabwe

Woonwa, Motorwa en 4x4 sleepwa inhoud ingesluit tot R30 000 op ‘n Alle Risiko basis.

Indien ‘n inventaris verskaf word met die neem van die polis, sal die volle waarde van elke item betaal word tot die kumulatiewe perk wat op die polis is. Indien geen inventaris, sal die perk per item R2 500 wees.

Versoek Meer Inligting

12 + 13 =

Kamp-Mal-Gerus Word Onderskryf Deur:


Neem deel aan ons maandelikse kompetisies en staan 'n kans om lekker pryse te wen.

Kompetisies reëls word bepaal deur die prys gewer, en wenners is finaal.

Kamp-Mal doen sy bes om te verseker dat pryse gelewer word na afloop van elke kompetisie, maar kan nie verandwoordlike gehou word indien daar iets gebeur en die prys word nie toegken nie.

Die prys gewer bly die verantwoordelike identiteit wat die prys moet lewer in alle opsigte.

Druk op die foto(s) om in te skryf vir elke kompetisie.

 

Hou hierdie spasie dop!!!

2 familie pakket van 4 kaartjies elk kan gewen kan woerd vir die kykNET Buite Ekspo in die volgende 10 dae.


Kamp-Mal Resensies

Ons vertel julle so bietjie meer van ons adverteerders, en wat julle te wagte kan wees as hulle besoek word. Lees gerus ons resensies en gee vir ons julle terugvoer op die besighede. 

Invader Pretoria

Invader Pretoria Step inside the Invader off-road camper and you have the space, quality and comfort of a caravan. Yet, when ready to travel, it is...

Golden Leopard Resorts Manyane

Manyane Resort is situated within the Pilanesberg National Park that consists of numerous hills, wooded ravines and grassed open plains, making the...

Pinnacle9Toere

facebookKom Toer Saam, Dit Is Moontlik! Kom toer saam met ons en neem jou eie aasemrowende fotos op ons toere. Besienswaardighede op ons toereDie...

Loftus Caravan City

A Famous Landmark for New & Used Caravans, Trailers, Tents & Camping Accessories in Randburg, GautengCentral to Sandton, Northern Subsurbs...

To Strand Holiday Resort

T O Strand Holiday Resort was founded in 1963 and belongs to the South African Education Foundation. During the past 44 years, our resort has...

Durban Caravans

Durban CAMPWORLD is an authorised Caravan and Trailer dealership for Jurgens caravans, Gypsey caravans, Sprite caravans, Sprite Tourer dirt road...

Sunseeker Caravans Alberton

Welcome To Sunseeker  Caravans Alberton   Sunseeker Caravans CAMPWORLD and Safari Centre Alberton is an authorised Caravan and Trailer...

Sensation Boats

Our StoryWe are Riaan & Andre van Helsdingen, twin brothers with a big dream. We started out as a small company with nothing but a welding...

Swadini, A Forever Resort

  Swadini is landlocked by the Blyde River Canyon Nature Reserve and nestled amongst the Drakensberg peaks, on the banks of the Blyde River....

Weesgerus Vakansie-Oord

Die uitstekende geriewe en welbekende gasvryheid van die oord maak dit die ideale vakansiebestemming vir die hele gesin.  VerblyfDie beste...