Beleef Klein Kariba

Sowat negentig minute van Johannesburg af, net buite Bela-Bela, sprankel ATKV-Klein-Kariba in een van die Waterberge se mooiste klowe.

Hierdie pragoord bied ’n wye verskeidenheid akkommodasie met egte Bosveld-gasvryheid.

‘n Verskeidenheid aktiwiteite, ontspanningsgeriewe en fasiliteite soos ‘n restaurant, kitskosafdeling en ‘n goed toegeruste winkel verseker dat gaste nie een ongerieflike oomblik beleef nie. Boonop is Klein-Kariba geleë op die Bosveld-toeristeroete en die ideale basis vir verskillende dagtoere.

Met moderne fasiliteite vir groepe van tot 700 bied ATKV-Klein-Kariba se rustigheid en vreedsame stilte die perfekte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en konferensies.

Of kom maak jou droomtroue waar met ‘n bostroue in ons eie klipkapel by ‘n betowerende waterval.

ATKV-Klein-Kariba – ware gasvryheid by die juweel van die Bosveld!

Akkommodasie

Houthuise (20 eenhede)

Die 6-bedeenhede is losstaande selfsorgeenhede bestaande uit ’n hoofslaapkamer met ’n dubbelbed en ’n kamer met twee enkelbeddens. Die houthuise by die dam het ’n dubbelslaapbank (geskik vir persone tot 18 jaar) in die woonvertrek.

Die houthuise in die kloof het twee enkelslaapbanke in die woonvertrek. Daar is ook ’n badkamer en ’n oopplankombuis met ’n stoof met ’n oond. Hierdie eenhede is ten volle toegerus vir ses persone.

Die houthuise by die dam (no. 1 – 10) se badkamers het ’n bad en die houthuise in die kloof (no. 11 – 20) het storte. Beide eenheidstipes het lugverkoeling.

Berghuise (33 eenhede)

(2-stergradering)

Die losstaande selfsorgeenhede met ses beddens het twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die ander slaapkamer is toegerus met twee enkelbeddens of ’n dubbelbed. Die oopplankombuis/woonvertrek het twee enkelslaapbanke (geskik vir persone tot 18 jaar) en die badkamer het ’n bad of ’n stort.

Hierdie eenhede beskik oor ’n tweeplaatstofie of ministoof-en-oondkombinasie en is ten volle toegerus vir ses persone. Die eenhede het lugverkoeling in die woonvertrek.

Berghuise (17 eenhede)

(3-stergradering)

Die losstaande selfsorgeenhede met ses beddens het twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die ander slaapkamer is toegerus met twee enkelbeddens.

Die oopplankombuis/woonvertrek het ’n dubbelslaapbank of twee enkelslaapbanke (geskik vir persone tot 18 jaar) en die badkamer het ’n stort. Hierdie eenhede beskik oor ’n tweeplaatstofie of ministoof-en-oondkombinasie en is ten volle toegerus vir ses persone.

Die eenhede het lugverkoeling in die woonvertrek en in die hoofslaapkamer.

A 5-bedwoonstelle (10 eenhede)

Die dupleks-5-bedeenhede se boonste verdieping beskik oor twee privaat slaapkamers en ’n badkamer met ’n stort. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die ander kamer het twee enkelbeddens.

Die oopplankombuis/woonvertrek met ’n enkelslaapbank (geskik vir persone tot 18 jaar) waarop ’n vyfde persoon kan slaap, is op die grondverdieping.

Die eenhede het ’n tweeplaatstofie en is ten volle toegerus vir vyf persone. Hierdie woonstelle het nie lugverkoeling nie.

A 4-bedwoonstelle (8 eenhede)

Die 4-bedwoonstelle is geleë op die grondverdieping van ‘n duplekswoonstelgebou. Daar is ʼn dubbelbed in die slaapkamer en in die oopplankombuis/woonvertrek is twee enkelslaapbanke (geskik vir persone tot 18 jaar).

Die eenheid beskik oor ‘n tweeplaatstofie en is ten volle toegerus vir vier persone. Die badkamer het ‘n stort. Een woonstel het ‘n bad. Die grondverdiepingwoonstelle het ‘n stoepie met ‘n braaiplek. Die woonstel het nie lugverkoeling nie.

B 5-bedwoonstelle (18 eenhede)

Die dupleks-5-bedwoonstelle het ‘n slaapkamer en badkamer met ʼn stort op die boonste verdieping, asook ‘n oopplanslaapkamer waarin daar twee enkelbeddens is.

Die oopplankombuis/woonvertrek is op die grondverdieping met onderskeidelik ‘n dubbelslaapbank (geskik vir persone tot 18 jaar) of een enkelslaapbank (geskik vir persone tot 18 jaar).

Die eenheid is ten volle toegerus vir vyf persone en beskik oor ‘n tweeplaatstofie/oondkombinasie. Elke woonstel het ‘n stoepie met braaiplek en nie lugverkoeling nie.

B 4-bedwoonstelle (12 eenhede)

Die 4-bedwoonstelle is op die grond- of eerste verdieping van die duplekswoonstelgebou. Die hoofslaapkamer met ‘n dubbelbed het ‘n en suite-badkamer met ‘n stort.

In die oopplankombuis/woonvertrek is ‘n dubbelslaapbank (geskik vir persone tot 18 jaar) of twee enkelslaapbanke. Die eenheid beskik oor ‘n tweeplaatstofie/oondkombinasie en is ten volle toegerus vir vier persone. Die woonstel het nie ‘n stoepie nie en die braaigeriewe word gedeel.

Die woonstel het nie lugverkoeling nie. Twee van die eersteverdiepingwoonstelle het ‘n bad.

C 4-bedwoonstelle (10 eenhede)

Die dupleks-4-bedeenhede se boonste verdieping het twee privaat slaapkamers en ’n badkamer met ’n stort. Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed en die ander kamer het twee enkelbeddens.

Twee van die 4-bedwoonstelle se hoofslaapkamers het ’n dubbelbed en die ander kamer het ’n stapelbed vir twee persone. Op die grondverdieping is ’n oopplankombuis/woonvertrek. Die eenhede beskik oor ‘n tweeplaatstofie en is ten volle toegerus vir vier persone.

Daar is lugverkoeling en elke eenheid het ‘n stoepie met ‘n braaiplek.

Tenthuise (20 eenhede)

Dié unieke eenhede skep ‘n vrye kampgevoel, maar met die luuksheid van ‘n ten volle toegeruste eenheid vir vier persone.

Die safari-oopplantenthuise staan elkeen op ‘n netjiese betonblad met een woon-/slaapvertrek met ‘n dubbelbed en ‘n stapelbed.

Die badkamer het ‘n stort en die aangeboude kombuisie is toegerus met ‘n tweeplaatstofie/oondkombinasie. Die tenthuise het ‘n verwarmer en televisie

Kamers (11 eenhede)

Die kamers is langs die restaurant en ideaal vir oornaggaste wat hulle etes in die restaurant geniet. Die kamers het ’n dubbelbed en is toegerus met linne en handdoeke vir twee persone. Die en suite-badkamer het ’n stort.

Die kamers beskik ook oor ’n klein yskassie, ‘n ketel en koppies en glase. Die kamers het nie kook- of braaifasiliteite nie. Een van die kamers het ’n hoekbad in die badkamer

Vishoekhuise (10 eenhede)

Die losstaande eenhede bestaan uit een 4-bed-, een 6-bed- en agt 8-bedhuise. Die 8-bedselfsorghuise het drie slaapkamers. In die hoofslaapkamer is ’n dubbelbed met twee enkelbeddens in die tweede kamer.

Die derde kamer het twee stapelbeddens vir vier persone. Drie van die 8-bedhuise se hoofslaapkamers is toegerus met ’n dubbelbed en die ander twee kamers met stapelbeddens vir onderskeidelik twee en vier persone.

Die 6-bedhuise het twee slaapkamers. Die 4-bedhuise het ’n dubbelbed in die slaapkamer en twee enkelslaapbanke (geskik vir persone tot 18 jaar) in die oopplankombuis/woonvertrek. Die kombuis het ’n stoof met ’n oond en die huise is ten volle toegerus vir onderskeidelik agt, ses en vier persone.

Die Vishoekhuise se badkamers het storte en almal het lugverkoeling

Kampeerterrein (73 staanplekke)

Dié geplaveide 3-sterkampeerterrein beskik oor twee groot ablusieblokke met opwasgeriewe.

Die staanplekke het elk `n eie braaifasiliteit en is binne stapafstand van al die ontspanningsfasiliteite by die oord

Tekkiekamp/Jeugtente (9 eenhede)

Hierdie tenthuiskompleks bestaan uit onderskeidelik vier en vyf tente wat elk 12 persone kan huisves. Die kompleks het sy eie aparte ablusieblok.

Beddegoed word verskaf vir die stapelbeddens. Daar is skottelgoedwasgeriewe en een braaidrom per tent. Besoekers moet hulle eie kombuisware, eetgerei en handdoeke saambring soos vir ’n kampvakansie.

Diamanté-suite (1 eenheid)

Dié losstaande eenheid bestaan uit ’n kamer met ’n dubbelbed en linne en handdoeke vir twee persone. Die en-suite badkamer het ’n bad en ‘n stort.

Die kombuis beskik oor ’n stoof met ’n oond en is ten volle toegerus vir twee persone. Die eenheid het ’n kuierarea met DStv, ’n braaiplek buite, ’n borrelbad en ’n buitelugstort.

Die eenheid beskik oor lugverkoeling met onderdakparkering vir een voertuig. Besoekers kan vra vir volle spyseniering in die gerief van die eenheid.

Aktiwiteite &

Fasiliteite

Aktiwiteite

  • Twee warm swembaddens en verhitte binnenshuise swembad
  • Koue buiteswembad en plaspoel
  • Waterwurm
  • 9 putjie-kortystergholfbaan asook minigholfbaan
  • Vlugbal en rugby
  • Perderitte
  • Wildbesigtiging
  • Staproetes, fietsry
  • Trap- en roeibootjies (naweke en skoolvakansies)
  • Visvang
  • Potspel en elektroniese speletjies (naweke en skoolvakansies)
  • Vierwielaangedrewe motorfietsritte

Fasiliteite

‘n Restaurant, wegneemete-kafee, geriefswinkel en OTM.

Dagbesoekers

Hoewel ATKV-lede voorkeurbespreking by die oorde geniet, volg die ATKV lank reeds die beleid dat die oorde oop is vir Jan Alleman wat huisvesting betref terwyl net ATKV-lede die oorde as dagbesoekers kan besoek.

Met die koms van die nuwe bedeling het die ATKV, op grond van besluite van verskeie kongresse, homself onomwonde geskaar by dié nuwe bedeling.

Vakansiehou is een van die aktiwiteite wat ten nouste verband hou met die ontspanningskomponent van kultuur. Juis daarom is dit die ATKV se oogmerk om die vakansie-ervaring van die Afrikaanse kultuurgemeenskap aangenaam te maak.

Die vakansiepatroon is gerig op die gesin en fokus op aspekte soos gesinsvermaak, veiligheid, ‘n rustige vakansieomgewing en vakansiegangers wat mekaar se behoeftes respekteer en aanvul. Om hierdie aangename vakansie-ervaring te verseker, is daar sekere reëls by die oorde wat insluit:

  • ‘n Beperkte aantal dagbesoekers.
  • Geen drank by die swembaddens.
  • ‘n Beleid van geen dronkenskap.
  • Erkenning van die menswaardigheid van elkeen wat die oord as betalende gas besoek. 
  • Geen busse met besoekers wat nie vooraf reëlings tref nie.

Hierdie beleid word toegepas om ‘n atmosfeer te skep waarbinne besoekers heerlik kan ontspan.

Daarby word aan elke besoeker die geleentheid gebied om die omgewing en die vermaak wat verskaf word, te kan ervaar.

Daarom word ‘n persoon of persone wat die reëls oortree een of twee keer gewaarsku, waarna drasties opgetree word. Hierdie optrede kan afsetting van die oorde behels.

796total visits,1visits today

× How can I help you?
WhatsApp chat Gesels Met Ons Op WhatsApp

Die Kamp-Mal-App Werk Op Jou Foon En Rekenaar

Die Kamp-Mal-App bied ons lede ongelooflike baie inligting, en is dit so uiteengesit dat inligting maklik verkrygbaar is. Maak gebruik van enige van ons 3 soek opsies om meer inligting te kry.

  1.  Die index knoppie wat jy na al ons hoof kategorie neem.
  2. Die vergroot glas waar jy direk in subkategorie kan begin soek.
  3. Die "Map Pin" waar jy in subkategorie op google maps kan kyk wat is om jou.

App Admin Paneel

Indien jy 'n geregistreerde besigheid is op die Kam-Mal-App, kan jy hier ingaan na jou admin paneel, van waar jy direkte boodskappe kan stuur aan al jou "Like" kliënte en meer. 


Omvattende versekering vir woonwa, 4x4 sleepwa, motorwa en dies meer.

Territoriale limiete:

Botswana, Lesotho, Mozambique, Namibia, RSA, Swaziland en Zimbabwe

Woonwa, Motorwa en 4x4 sleepwa inhoud ingesluit tot R30 000 op ‘n Alle Risiko basis.

Indien ‘n inventaris verskaf word met die neem van die polis, sal die volle waarde van elke item betaal word tot die kumulatiewe perk wat op die polis is. Indien geen inventaris, sal die perk per item R2 500 wees.

Versoek Meer Inligting

14 + 14 =

Kamp-Mal-Gerus Word Onderskryf Deur:


Neem deel aan ons maandelikse kompetisies en staan 'n kans om lekker pryse te wen.

Kompetisies reëls word bepaal deur die prys gewer, en wenners is finaal.

Kamp-Mal doen sy bes om te verseker dat pryse gelewer word na afloop van elke kompetisie, maar kan nie verandwoordlike gehou word indien daar iets gebeur en die prys word nie toegken nie.

Die prys gewer bly die verantwoordelike identiteit wat die prys moet lewer in alle opsigte.

Druk op die foto(s) om in te skryf vir elke kompetisie.

 

Hou hierdie spasie dop!!!

2 familie pakket van 4 kaartjies elk kan gewen kan woerd vir die kykNET Buite Ekspo in die volgende 10 dae.


Kamp-Mal Resensies

Ons vertel julle so bietjie meer van ons adverteerders, en wat julle te wagte kan wees as hulle besoek word. Lees gerus ons resensies en gee vir ons julle terugvoer op die besighede. 

Invader Pretoria

Invader Pretoria Step inside the Invader off-road camper and you have the space, quality and comfort of a caravan. Yet, when ready to travel, it is...

Golden Leopard Resorts Manyane

Manyane Resort is situated within the Pilanesberg National Park that consists of numerous hills, wooded ravines and grassed open plains, making the...

Pinnacle9Toere

facebookKom Toer Saam, Dit Is Moontlik! Kom toer saam met ons en neem jou eie aasemrowende fotos op ons toere. Besienswaardighede op ons toereDie...

Loftus Caravan City

A Famous Landmark for New & Used Caravans, Trailers, Tents & Camping Accessories in Randburg, GautengCentral to Sandton, Northern Subsurbs...

To Strand Holiday Resort

T O Strand Holiday Resort was founded in 1963 and belongs to the South African Education Foundation. During the past 44 years, our resort has...

Durban Caravans

Durban CAMPWORLD is an authorised Caravan and Trailer dealership for Jurgens caravans, Gypsey caravans, Sprite caravans, Sprite Tourer dirt road...

Sunseeker Caravans Alberton

Welcome To Sunseeker  Caravans Alberton   Sunseeker Caravans CAMPWORLD and Safari Centre Alberton is an authorised Caravan and Trailer...

Sensation Boats

Our StoryWe are Riaan & Andre van Helsdingen, twin brothers with a big dream. We started out as a small company with nothing but a welding...

Swadini, A Forever Resort

  Swadini is landlocked by the Blyde River Canyon Nature Reserve and nestled amongst the Drakensberg peaks, on the banks of the Blyde River....

Weesgerus Vakansie-Oord

Die uitstekende geriewe en welbekende gasvryheid van die oord maak dit die ideale vakansiebestemming vir die hele gesin.  VerblyfDie beste...