Klipdraai Karavaanpark

‘n Juweel in die hart van Gauteng

‘n Heerlike Wegbreek

 

Hierdie, karavaanpark bied lieflike lowergroen staanplekke, heerlike skaduwee, is naby geleë aan alle fasiliteite en aktiwiteite.

Die park is gemik op die familie en ons maak spesiaal voorsiening vir kinders. ‘n Verskeidenheid van aktiwiteite, ontspannings geriewe, vermaak en fasiliteite sal elkeen van die gesin besig hou (pa en ma moet ook rus) en terselftertyd elkeen die geleentheid bied om saam met familie, vriende en natuurliefhebbers te kan ontspan en ons opregte gasvryheid te beleef.

Sekuriteit is prioriteit by die park en is omring met veiligheidsheinings en toegang tot die park word beheer met ‘n bemande 24 uur toegangsbeheerpunt asook sekuriteitskameras.

Coffee Bean

Klein hondjies op leibande word toegelaat

Coffee Bean

Voorsiening vir dagbesoekers

Kamp en Piekniek

Die karavaanpark het 350 karavaan staanplekke met pragtige groen gras en baie bome. Staanplekke is nie uitgemerk en geallokkeer nie, dus het u vryheid van keuse waar om te kampeer. Elke staanplek het ’n 220 volt / 30 ampere elektriese kragpunt  en waterpunte  is naby geleë . Die moderne en skoon ablusiegeriewe, en opwasareas maak die besoek ‘n gerieflike ervaring. Daar is 10 ablusiegeriewe met storte, baddens, toilette, paraplegiese toilette, wasbakke en kragpunte vir skeermesse en haardroërs en 4 opwas areas beskikbaar.

Aktiwiteite

Klipdraai Karavaanpark bied ‘n verskeidenheid van fasiliteite en aktiwiteite om jou vakansie ontspanne, gerieflik en terselftertyd ook prettig  te maak. Dit sluit die volgende in:

  • Warmwater swembad
  • Koue waterswembad
  • Koue Kinderswembad wat vlak is vir die klein kindertjies om in te baljaar
  • Borrelbaddens
  • Vlugbal (Volleyball) en Jukskei bane, Buite Skaak , 2 x Potspel “pool” tafels , Veerpyltjies , Meganiese Bul ( naweke en skoolvakansies)
  • 9 Gaatjie avontuur mini gholf
  • Springmatte en Speelarea (Jungle Gym) vir die kinders
  • Miniatuur perdjies
  • Wildkamp
  • Visvang (Barber, Karp, Klip-Barbers, Geelvis, Koi )
  • ‘n Goed toegeruste gerieflikheidswinkel 
  • Verskaf ook ligte etes en wegneem etes.

890total visits,1visits today

WhatsApp chat Gesels Met Ons Op WhatsApp