Koppisol Vakansie Oord

Geleë in ‘n rustige, landelike omgewing, slegs 35 km vanaf Johannesburg op die R82 by Southgate verby bied Koppisol lafenis aan die moeë stadsbewoner wat uit die betonoerwoud wil vlug.  Kom rus uit in ‘n pragtige, veilige, boomryke omgewing.  Hier het jy die geleentheid om weer die gekwetter van die voëls te waardeer en te vergeet van die stad se gewoel en gejaag.  24 Uur toegangsbeheer met sekuriteitsomheining.

 

Meer oor koppisolKontak

 

Waterglybaan

Waterglybaan maak Saterdae, Sondae en skoolvakansies (uitgesondered winter skoolvakansie) oop om 11:00 en is oop vir solank as wat daar genoegsame persone is wat gebruik maak daarvan.

Glybaan maak weer om 14:00 (2nm) oop.  (Let wel: Tye kan verskil en hang van die weer af).   In gevalle van onweer word die glybaan nie oopgemaak nie.

Gebruik van die waterglybaan is gratis.  Gedurende September – April is daar so ook ‘n warmwaterswembad beskikbaar.  Warmwaterswembad word nie gedurende die week en winter tydperk verhit nie.

Boeremusiek Naweke

Kom geniet ‘n naweek saam met ons Boeremusiek familie en luister na Boeremusiek wat gespeel word op die tradisionele styl.  Hier word gedans en gekuier en Koppisol vibreer tot laatnag Vrydag- en Saterdagaand! 

Die manne begin al Vrydagmiddag speel en Saterdag so van 09:00 af.  Die musiek is nie oorverdowend nie en daar word lekker gekuier en gesels tussendeur. 

As jy dors word kom geniet ‘n koppie koffie en ‘n pannekoek en as die hongerpyne knaag kom koop ‘n lekker bakkie Kerrie-en-rys, slap “chips” of selfs ‘n vetkoek met maalveis.

Chalets

Toegerus met eet- en kookgerei, 2-plaat elektriese stoof met klein ondjie, mikrogolfoond, elektriese braaipan, -ketel, -broodrooster en yskas.  Linne, handdoeke en opwasvadoeke word voorsien.  

Hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed, Klerekas met ‘n klein ingeboude kluis, asook ‘n haardroër op die spieëltafel.   2de Slaapkamer het ‘n stapelbed (d.i. een bed bokant die ander bed), met ingeboude klerekas.

In die sitkamer is 2 banke waarvoor ons ook linne verskaf maar net geskik vir kinders onder die ouderdom van 12 jaar wat klein van postuur is.  

Badkamer het bad, stort en toilet. In die sitkamer is daar TV met DSTV opvangs (slegs sport en sekere fliek kanale).

Tuinmeubels en braai area voor die chalet asook ‘n skadunet motorafdak vir 1 voertuig.

Bring asb. eie handdoeke vir die swembad.   Elektriese onderkombers op dubbelbed vanaf Junie tot Augustus.   Alle beddens het duvets en daar is 4 enkelbedkomberse. Elke eenheid het ‘n verwarmer vir gebruik gedurende winter maande.   Chalets word daagliks gediens.  

Tariewe gekwoteer vir 2, 3, 4, 5 of 6 persone.  Die chalet is geskik vir 2 volwassnesse en 2 kinders of 3 volwassenesse en 3 kinders.  Is nie geskik vir 2 getroude paartjies (4 volwassenesse nie) omdat die 2de kamer ‘n stapelbed (d.i. een bed bokant die ander bed) het.  Ervaring het ons geleer dat getroude pare nie op ‘n stapelbed wil slaap nie.

Publiek & Privaat Staanplekke

Publiek

Lieflike groot bome, geplaveide paaie, keurige badkamergeriewe met skottelgoedkombuis en waskamergeriewe met outomatiese wasmasjiene en tuimeldroërs.  Warm water altyd beskikbaar. 100,150 m², gelyk staanplekke met kragpunte (gewone 3 punt kragprop), waterkrane en geboude braaie.

Privaat

Eenheid kan net deur een woonwa gebruik word.  Stoep met ‘n onderdak braaiplek.   Kombuis met dubbelle opwasbak en yskas. Aparte toilet.   In die badkamer is daar bad, stort en wasbak.

Eenheid word daagliks gediens (skottelgoed word nie gewas nie).

Trein Chalets

Slegs 2 persone kan gehuisves word.

Stoep met ‘n dak waaronder ‘n geboude braaier en tuinmeubels vir 2 persone.   Aparte toilet.   Stort en in dieselfde vertrek is daar ‘n spieëltafel (geen haardroër nie).

Sit- slaapvertrek met 2 enkelbeddens wat bymekaar gestoot is.   Sitbank in dieselfde vertrek.  Lugreëling in hierdie vertrek.   Klein kleur TV met SABC kanale.   Aparte kombuis met yskas, 2-plaat elektriese stoof met ‘n klein oondjie, mikrogolfoond, elektriese braaipan, -ketel en –broodrooster.  

Alle eet- en kookgerei, handdoeke en linne word voorsien.   Bring asb. eie handdoeke vir swembad.   Chalets word daagliks gediens.    Geen motorafdak nie.

253total visits,1visits today

WhatsApp chat Gesels Met Ons Op WhatsApp