Goeie dag Kamp-Mallers

Graag wil ons dit net onder elke lid se aandag bring dat KAMP-MAL ‘n gesellige gesels groep is.

Ons versoek dat elke lid wat nog nie deur die reëls gelees het nie dit sal doen, om te verhoed dat jy dalk geblok word.

Ons groep het geweldig baie gegroei en het daarby elke lid se samewerking nodig om die blad ‘n plesier te hou vir almal, en daarom het ons so paar basiese reëls saamgestel net vir orde op die blad.

Hierdie blad se Admin is nie ‘n Generaal, Polisie, Regter, Taal onderwyser of Toordokter nie, so niemand pas niemand op nie, met ander woorde moet asb. nie goed gaan post wat al die bogenoemde in ons Admin’s gaan wakker maak nie…… LOL

Deelname aan gesprekke

Meer Inligting

KAMP-MAL is ‘n gesellige blad waar jy oor enige iets wat kampverwant is kan gesels.

Vra gerus vrae

Deel jou ondervinding en kennis – wees asb. net versigtig vir ” Name en Shame” .

Deel jou fotos en ervarings met ons almal.

Onthou dis ‘n gesellige blad waar ons saam lekker kan lag, omgee vir mekaar en baie kan leer!

Geen godsdienstige of politieke plasings sal aanvaar word nie en sal onmiddelik verwyder word.

Geen swak gedrag, taal, rassistiese of enige swak uitlatings sal geduld word nie.

Geen aanval op Admin of enige ander lede sal geduld word nie.

NB: Gebruikers kan verwyder word sonder kennisgewing as enige reëls ootree word.

Kamp-Mal Facebook reëls

Respekteer mekaar se sienings

Kom ons hou ons blad vry van onmin. As jy nie gelukkig is oor iets nie, laat asb. die admin toe om dit te hanteer, en moet dit nie op die blad self hanteer namens admin nie. 

NEGATIEWE TERUGVOER OOR PRODUKTE EN OORDE


Meer Inligting

Die meeste terugvoer word gedoen uit woede of ongelukkigheid, en is dan baie eensydig, en vetrel nie die volle verhaal nie.

Die Kamp-Mal Facebook blad wil nie bekend staan as ‘n blad wat negatiewe kommentaar toelaat, sonder dat beide partye hulle saak kon stel nie.

Daarom sal alle negatiewe kommentaar wat nie aan die volgende voldoen nie, onmiddelik verwyder word.

1. Die ongelukkigheid of klagte moet onder die besigheid se aandag gebring word, ‘n skriftelike klagte, al word die gedoen na ‘n modelinge klagte, is altyd ‘n goeie ideë as bewys dat jy die stappe gevolg het.

2. Laat 24 uur toe vir terugvoer van die oord of besigheid.

3. Jy mag dan jou klagte, en die oorde of besigheid se terugvoer saam op ons blad plaas.

4. Indien die besigheid of oord nie terug gekom het na jou nie, mag jy die skriftelike klagte op ons Facebook blad plaas, wat tyd en datum aandui.

Kamp Verwante Advertensie Plasings Deur Besighede

Meer Inligting

Advertensie Plasings deur Besighede

NB. Slegs besighede wat op ons Kamp-Mal App adverteer mag GRATIS op enige van ons blaaie adverteer.

Besighede moet gebruik maak van die Kamp-Mal App voetnota wat hulle ontvang het by die opteken op die App om te adverteer op die Facebook blaaie, anders kan dit dalk verwyder word.

Voorbeeld:

Die App bied 2 bemarkings opsies aan vir besighede.

Sien meer inligting op ons bemarkings bladsy, druk hier.

 

Kompetisies en Geldinsameling plasings

Meer Inligting

Daar word slegs Kompetisies van ons adverteerders op die blad toegelaat nadat dit goedgekeur is deur admin.

GEEN Geldinsamelings plasings word toegelaat op die blad nie.

Die Kamp-Mal Winkel en gebruik van Logo

Meer Inligting

Op die KAMP-MAL webwerf is daar ‘n aanlyn winkel waar ons KAMP-MAL’lers hul KAMP-MAL Aandenkings/Souvenirs kan aankoop.

Dis altyd lekker om by ‘n oord te stap en ‘n KAMP-MAL’ler uit te ken, self wanneer die verkeer ons bietjie onder kry kan jy op die uitkyk wees om ons pragtige plakkers agter op die sleepsel te sien spog.

Neem asb kennis dat die KAMP-MAL naam en Logo/Embleem ‘n geregistreerde besigheid/Produk is, en dit aan Marieta Fouché en Nardus Venter behoort wat ook die stigters van die groep is.

Dit verhoed enige iemand om die naam KAMP-MAL en die KAMP-MAL embleem vir eie gewin te gebruik.

Stuur gerus enige voorstelle na winkel@kamp-mal.co.za

Ons Webs tuiste: https://www.kamp-mal.co.za/

Nie Kamp Verwante Advertensies

Meer Inligting

Kamp-Mal maak voorsiening vir Advertensies wat nie Kampverwant is nie.

Op die Kamp-Mal App het ons ’n Lede Netwerk afdeling, waarin enige besigheid kan adverteer en sigbaar kan wees aan ons Kamp-Mal App lede.

Hierdie Advertensies word nie op die Facebook blad geplaas nie, maar die Netwerk word wel op die Facebook blad geadverteer vir sigbaarheid.

Let Wel, die Kamp-Mal App is nie ‘n tipiese Yellow Pages besigheidsgids nie, en kan dit gebruik word vir jou volle bemarking en kliente kommunikasie.

Plasings rakende Gebeurtenisse / Events

Meer Inligting

Indien jy enige Gebeurtenis/Event op die Kamp-Mal groep wil adverteer, neem dit asb. eers met die Admin van die groep op.

Opsie 1: Ons basiese ooreenkoms is dat besighede Gebeurtenisse mag adverteer aan ons lede, in ruil vir blootstelling by die gebeurtenis. Die gebeurtenis word dan vanaf Kamp-Mal se kant af ook bemark, wat meer blootstelling bied.

Opsie 2:  Registreer op die Kamp-Mal App en stel op so wyse jou gebeurtenisse aan ons lede bekend. Op hierdie wyse gaan jy baie meer lede bereik wat jou besigheid “Like” op die App vir toekomstige advertensies. Sien gerus hoe die App werk op ons videos en App blad.

Plasing van Fotos

Meer Inligting

Neem asb kennis dat die Groep se Admin kan gebruik maak van ALLE lede se foto’s, en fotos kan deur ander lede “geshare” word.

As jy fotos privaat wil hou, hou dit eerder van die groep af.

Met plasing van jou foto op die blad gee jy die Groep Admin toestemming om dit te gebruik.

n’ Foto krediet kan aan die persoon wie die foto geplaas het toegeken word indien versoek word.

Vrywaaring op Transasksies

Die Admin / Stigters vrywaar hulself van enige transaksies (koop en verkoop) wat deur lede geadverteer word.

Neem asb. die nodige voorsorg met enige koop of verkoop van jou produkte, en moet NOOIT dep. betaal om produkte wat jy nie gesien het nie te laat hou vir jou. Daar is heelwat sulke scams oral op Facebook.

Vrywaaring op Advies?

Neem asb kennis dat die Admin / Stigters van die groep GEEN verantwoordelikheid vat vir advies wat deur die lede gegee word nie. Indien jy voel foutiewe advies word gegee, stel asb. admin in kennis wat dit dan sal ondersoek.

Moet asb. nie advies gee op veral medies en dienste waarin jy nie gekwalifiseerd is nie, dit skep slegs verwarring en kan nadelig wees vir ander lede wat dit wil gebruik.

578total visits,1visits today

WhatsApp chat Gesels Met Ons Op WhatsApp